What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Maak God se keuse ook jou keuse

“Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.” – Romeine 12:2

Ons is so geneig om dinge te doen saam met ‘n groep, net om nie “uit” te voel nie. Verwerping is een van ons grootste vrese, daarom doen ons gewoonlik wat die meerderheid doen. Soms druk ‘n groep jou om iets te doen wat jou in ‘n ongelooflike ongemaklike posisie plaas en dan maak jy verkeerde keuses waaroor jy later spyt is.

Soms dink ons dat die meerderheid reg is. Niemand wil alleen aan die ander kant staan nie. Maar Jesus kan jou help om anders te dink. Hy kan jou herinner aan dit wat vir Hom belangrik is. Hy kan jou herinner aan Sy woorde dat Hy jou nooit alleen sal los nie, al staan daar niemand langs jou nie.

Begin jou dag deur vir Jesus te vra om jou te help om reg te kies.

Gebed: Here, help my om nie afhanklik te wees van mense nie, maar van U. Laat ek besluite neem volgens U wil en wat reg is. Amen!

Uitdaging: Probeer ‘n slag om oor Jesus te gesels en vertel hoe Hy jou lewe verander het.