What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Los die embarrassing stuff van die verlede in die verlede.

Romeine 6:5-6

5Omdat ons saam met Jesus aan die kruis doodgegaan het, sal ons beslis saam met Hom oor die dood triomfeer. 6Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was, kant en klaar saam met Jesus gekruisig is.

Laat ek julle vertel van my mees embarrasing moment ooit. Ek het in graad elf revue gedoen by die skool, maar op die dag van die DVD opname was ek laat omdat ek dokter toe moes gaan. Toe ek by die kleedkamers aankom, was my groep nie daar nie. Ek was seker hulle het reeds op die verhoog gegaan. Ek snel toe by die verhoog op om my mense te join en … ja, jy’t reg geraai, dit was nie my groep nie. Julle, daai video van my wat op en af hardloop is nog vandag op DVD vasgevang … Só embarrassing!

Toe ek die video kyk, het ek só verneder gevoel, want ek het iets gedoen waaroor baie kinders my gespot het. Maar ek moes leer om dit agter my te sit. As ek net die heeltyd daaraan teruggedink het, sou dit my net awkward en alleen laat voel het tussen die mense wat geweet het. Baie mense voel so skaam en awkward oor die sonde wat hulle gedoen het voor hulle besluit het om vir Jesus te volg.

Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy al jou sondes skoongevee (gister, vandag en môre s’n). Hoekom laat ons toe dat dinge van die verlede steeds by ons spook? Jy het nie nodig om skaam te wees oor sonde van die verlede wat Jesus al lankal vergewe het nie.

Los die embarrassing stuff van die verlede in die verlede.

Gebed: Here, ek weet ek het foute gemaak in die verlede, maar ek bid dat ek van dit sal laat gaan. Ek wil nie hê dit moet by my spook nie. Help my eerder om vorentoe te kyk sodat ek vry kan leef … Amen

Uitdaging: Skryf iets op ‘n papier neer wat by jou spook. Trek dit dood met ‘n Permanent marker en gooi dit weg. Kry nou ‘n nuwe papier en skryf die woorde “Ek is vry”. Plak dit iewers waar jy dit vir die volgende week sal raaksien.