What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Liefde as bewys

Johannes 13:34-35

Ek gee julle n nuwe gebod, dat julle mekaar moet liefhê; net soos ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhêHieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

Hierdie vers klink maklik wanneer ek dink aan een van my beste maats. Dis mos maklik om hulle lief te hê. Die challenge kom wanneer Jesus vriendskap ’n bietjie anders as ons verstaan. Hy wil hê dat ons ons vyande moet liefhê soos onsself. Hy het selfs vir Judas nog “vriend” genoem terwyl hy Hom verraai het!

Tog is daar mense wat jy in jou lewe moet hê wat jou opbou. ’n Ondersteuningsgroep. Mense wat jou inspireer om op God te fokus. En as jy nie so iemand in jou lewe het nie, bid daarvoor. Glo my, dit werk soos ’n bom! Ek was op soek na iemand wat my passie vir God en allerhande ander goed deel. Ek bid toe daaroor en voila! Daar ontmoet ek my beste vriendin ’n maand later.

Gebed: Jesus, dankie dat U my vriend is. Ek vra dat U mense oor my pad sal stuur wat my inspireer om meer soos U te leef. Amen.

Uitdaging: Dink aan die persoon wat jou die meeste pla. Begin vir daardie persoon bid asof hulle jou beste vriend is.