What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Lewe is beter met Jesus!

Galasiërs 1:6

En wat doen julle toe om vir Hom daarvoor dankie te sê? Julle gaan staan en aanvaar ’n heeltemal ander evangelie. Begryp julle dit nou nog nie? Daar is nie ’n ander evangelie nie!

Ek is seker jy het dit al gesien: ‘n Vriend wat lief was vir God, maar wat slegte vriende gemaak het en toe hulle aandag van Jesus afgetrek het. Dalk is jy self in daardie spasie waar alles anders net so bietjie beter voel as om vir Jesus te volg.

Jesus het ons so baie lief. Ja, Hy het jóú so baie lief. Baie mense dink dat ons vreugde en geluk kan vind sonder Jesus. Hulle lewe so asof hulle sê: ‘Nee, dankie, Jesus, ek’s okay. Los maar jou liefde en laat ek net my eie ding doen’. Maar ons hét Hom nodig. Sonder Jesus kan ons nie in ‘n verhouding met God staan nie.

Ek weet dis nie altyd maklik om te glo dat God vir ons uitkyk nie, veral as slegte dinge gebeur. En baie keer gaan ons nie antwoorde hê vir die dinge nie, maar God se hart brand nog steeds elke dag om jou nader te trek en te troos en ons te leer dat die lewe beter is met Jesus.

Lewe is beter met Jesus!

Gebed: Here, daar is baie dinge wat om my gebeur wat my soms wil laat glo dat U nie by my is nie. Help my om U nog steeds raak te sien en om te onthou hoe wonderlik Jesus is. Moet my asseblief nooit verlaat nie, maar help my om, elke keer wat my aandag afgetrek word, net weer U goedheid raak te sien… Amen.

Uitdaging: Kom ons wees ‘n bietjie eerlik… Is daar iets in jou lewe wat jou in die versoeking stel om te dink dat God nie daar is nie? Praat met God daaroor en deel dit met iemand wat jou liefhet en wie jy vertrou.