What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Lewe gaan oor meer as wat ons besit

Matteus 6:25

Moenie gedurig loop en julle bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: ‘Gaan ek genoeg hê om te eet?’ of: ‘Gaan ek genoeg hê om aan te trek?’ nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere.

Vandag fokus ons op dieselfde vers as gister. Ons weet van gister se Padkos dat God bewus is van ons behoeftes en dat dit belangriker is om God te vertrou as om bekommerd te wees. Maar ‘n ander rede waarom ons oor die eenvoudiger dinge bekommerd raak, is dat dit dikwels ‘n aanduiding is van hoe ons inpas by die mense rondom ons.

Ons mag dalk weet van daai een kind met al die Nike-klere. Of die een wat twee keer per week McDonalds kry. En ons is bekommerd dat ons nie kan byhou nie en dat dit onregverdig is dat daar ander is wat dinge het wat ons nie kan hê nie. Dalk is ons die bevoorregdes wat nie besef watter luukshede aan ons gegee word nie, en oordeel die kinders wat hulle klere by ‘n Pep-winkel gekoop het.

Kom ons hou op om wat ons het te vergelyk met ander. Hierdie dinge is oppervlakkig. God gee om vir ons en ons moet dankbaar wees vir die maniere wat hy voorsien. Wie ons is gaan veel meer oor hoe ons kies om ons lewens te leef tot God se eer, as wat dit gaan oor wat ons het.

Lewe gaan oor meer as wat ons besit.

Gebed: Dankie God, dat U my waarde bepaal. Dankie dat dit nie saak maak wat ek het nie. U sal steeds vir my sorg. Help my om nie my dinge met die dinge van ander mense te vergelyk nie, maar help my om dankbaar te wees vir wat U my reeds gegee het… Amen.

Uitdaging: Neem ‘n bietjie tyd in gebed om vir God dankie te sê vir die dinge wat Hy aan jou gegee het.