What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Leer vir ander mense oor Jesus! – #imagine Maandae

Matteus 28:16-20

“…en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”

Verlede week het ons hierdie gedeelte gelees en ontdek dat Jesus vir ons ‘n onderwyser is. Dit is wonderlik om te kan weet dat Jesus altyd met ons op reis is. Maar wat gebeur as ons die storie lees deur die oë van die dissipels?

Lees die verse weer en verbeel jou dat jy een van die dissipels is wat hierdie woorde vir die eerste keer hoor. Klink dit nie oorweldigend nie? Jy hoor dat jy een van die mense is wat dissipels moet maak van alle nasies! En vir sommige is dit ‘n uitdaging om net hulle bure se name te leer.

As jy geroep is om ander mense van alle nasies te leer oor Jesus, hoe lyk dit in jou lewe? Watter veranderinge maak jy om hierdie uitdaging op te neem? Watter dinge moet jy doen om seker te maak jy is ‘n instrument waardeur ander mense hoor?

Leer vir ander mense oor Jesus!

Gebed: Liewe Here, help my om die onderwyser te word wat U my gemaak het om te wees. Help my om my talente te gebruik om aan ander U liefde te wys soos wat dit aan my gewys is. … Amen.

Uitdaging: Maak ʼn lys van al die onderwysers by jou skool. Vat ʼn paar name elke dag en bid vir hulle op hul naam. Of bied aan om kinders te help met hul huiswerk by  ʼn kinderhuis of naskoolsentrum.