What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Leer om reg te dink

Gedagtes speel ‘n baie groot rol in elkeen van ons se lewens! ‘n Mens doen of beplan tog niks voordat ons nie eers daaroor gedink het nie. Daarom begin ons lewens by ons gedagtewêreld!

Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee. Romeine 12:2.

God praat met ons deur middel van ons gedagtes, daarom moet ons leer om na Sy stem te luister. Net Hy kan ons leer om dit reg te kry. Maak tyd om na God se stem te luister hier diep binne jou en vra Hom om jou te help om dit toe te pas in jou lewe.

Praat dan met Hom en luister as Hy met jou praat. Dit kos baie oefen, maar dis die moeite werd. Leer om God se stem te onderskei van ander stemme. En onthou: Hy praat meeste van die tyd nie in ‘n hoorbare stem nie, maar deur Sy Woorde in die Bybel.

As ons God toelaat om ons gedagtes nuut te maak, sal ons weet hoe om in elke situasie op te tree. God is lief vir ons en Hy wil graag hê dat ons volgens Sy wil moet lewe. Daarom het Jesus vir elkeen van ons die Heilige Gees gestuur … dit is Sy stem wat die heeltyd in ons binneste met ons praat.

Uitdaging: Is jy gereed om jouself oop te stel vir God se stem? Luister na Hom en laat Hom toe om jou gedagtes nuut te maak.

Gebed: Hemelse Vader, leer my asb. om na U stem te luister en om my gedagtes te verander, sodat ek ‘n nuwe mens met nuwe gedagtes kan wees. Amen.