What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Leer die resep vir ‘n skoon lewe!

Psalm 119:9

Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens U woord.

Baie van ons het seker al in die kerk/jeuggroep gehoor dat ons ‘n skoon lewe moet lei (of soos die Engelsman sê  – living in purity) – veral wanneer dit kom by romantiese verhoudings. En partykeer voel dit onmoontlik om dit reg te kry.

Die waarheid is, sonder God is dit onmoontlik. Baie van ons dink dat ons vir dae aaneen kan gaan sonder om ons Bybels oop te maak, en nog steeds weet hoe ons moet lewe. Dink nou net wat sou gebeur met ‘n atleet wat vir 3 maande ophou hardloop en dink hy gaan terugkom en ‘n rekordtyd hardloop. Sorry pel, dit gaan nie gebeur nie.

Hoe meer ons vir God leer ken, hoe meer gaan ons weet hoe Hy wil hê ons moet leef. Ons hoef ons dan nie te steur aan dié wat vir ons probeer sê dat ons net gelukkig kan wees as ons in ‘n verhouding is nie. Want hoe meer ons God leer ken, hoe meer sal ons agterkom dat ons net deur Hom ware vreugde het en dat liefdesverhoudings dit net aanvul.

Leer die resep vir ‘n skoon lewe!

Gebed: Here, U is so amazing! Dankie dat U vir my U woord gegee het dat ek elke dag van U kan lees en kan sien hoe ‘n lewe lyk wat gerig is op U Woord. Amen.

Uitdaging: Moenie net jou lyf kosgee nie. Sorg ook vir jou gees deur elke dag met God te praat en te kyk wat Hy deur Sy Woord vir jou wil sê.