What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Leef tot die maksimum!

Romeine 6:7-8

7Ons ou self, wat van vroeg tot laat agter elke sonde aangeloop het, is nou morsdood en begrawe. Daarom is ons nie meer slawe van die sonde nie. Sonde het mos nie ’n houvas op iemand wat klaar doodgegaan het nie. 8Ons wat saam met Christus gesterf het, glo dat ons saam met Hom sal leef.

Het jy geweet dat minder as 200 jaar gelede, slawerny nog reg oor die wêreld bestaan het en nog wettig was in meeste gebiede? Ek dink nie ons kan ons indink hoe ‘n wêreld lyk vol mense wat geen vryheid het nie. Ek neem aan as ek sou vra wie van julle ‘n dag as ‘n slaaf wil deurbring niemand hulle hande in die lug gaan gooi nie.

So dink net gou hoe ons soms toelaat dat sonde van ons ‘n slaaf maak. “Ag, dis net ‘n wit leuentjie” word ‘n herhaalde leuen (‘Want dit gaan mos nou niemand skade aanrig nie’). Guys en girls, ons moet regtig pasop. Die rede waarom ons in God glo, is dat Hy ons vrymaak van die houvas wat sonde op ons het en wat keer dat ons die  lewe tot die maksimum beleef.

Onthou, net soos wat ons in Christus is net so  kan ons deel hê aan die lewe wat God vir ons wil gee. Kom ons los al die dinge van die verlede daar waar dit hoort – terwyl ons leer hoe om te lewe tot die maksimum as deel van Jesus se squad.

Leef tot die maksimum!

Gebed: Vader God, dankie dat ek vry is. Help my om enige vorm van slawerny in my lewe prys te gee sodat ek die vryheid kan ervaar wat U reeds vir my gegee het … Amen.

Uitdaging: Check vandag se musiek video No Longer Slaves deur Hillsong United op ons website!