What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Laat toe dat God se aanvaarding jou en die wêreld om jou verander!

Genesis 37:28 & Genesis 45:9

37:28Hulle het Josef toe vir twintig stukke silwer aan die Ismaeliete verkoop. Josef is saam met hulle Egipte toe.… 45:9Gaan dadelik na Pa toe en sê vir hom: U seun Josef sê: Pa, ek leef nog! God het my oor die hele Egipte aangestel en ek wil hê Pa moet onmiddellik na my toe kom.

Josef was die jongste van 11 boeties. En hy het al sy ouer boeties grys hare gegee. Hy het vir sy broers vertel hoe hy ‘n droom van God gehad het waar hulle almal eendag voor hom gaan buig. Natuurlik het dit nie goed afgegaan nie. Die boeties was so ge-trigger oor die hele storie dat hulle besluit het om hom in ‘n put te gooi en later te verkoop in slawerny in. Hectic.

As ‘n mens regdeur die Bybel kyk, sal jy keer op keer vind dat mense kwaad raak wanneer God se guns op iemand val. Wanneer ons aan God behoort en skoon lewe, gaan ons ander mense laat skaam voel as gevolg van hulle slegte aksies. Mense gaan probeer om jou onder die bus te gooi en hulle gaan jou haat. Jesus self het belowe dat om ‘n Christen te wees nie ‘n maklike ding sou wees nie.

Josef het lang jare gewag en was selfs in sy moeilike omstandighede gehoorsaam. Waar almal anders hom verwerp het, het God hom aanvaar en gekies om amazing dinge te doen in Sy Naam. God het hom op die ou einde so geëer vir sy gehoorsaamheid en selfs toe hy kon revenge neem het hy nie, want hy wou dieselfde aanvaarding wat God aan hom gewys het, aan sy broers ook gee.

Laat toe dat God se aanvaarding jou en die wêreld om jou verander!

Gebed: Here, ek is al deur ‘n paar mense verwerp omdat ek op U vertrou. Help my om nie ongehoorsaam te wees net om hulle tevrede te stel nie. U aanvaarding is genoeg vir my. … Amen.

Uitdaging: Sit ‘n reminder op jou foon om die naweek die volle storie van Josef te lees in Genesis 37-45. Lys die maniere waarop God jou aanvaar en gebruik het waar ander mense jou al verwerp het.