What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Laat toe dat God jou lewe verlig!

1 Johannes 1:6

6Hou dit nou in gedagte vir die volgende vraag: As ons rondvertel dat ons deel van God se intieme familie is, maar ons dade verklap die teenoorgestelde, wat maak dit van ons? Dit maak van ons skaamtelose leuenaars! Dit is soos mense wat sê hulle hou net van die lig, maar as jy hulle soek, sit hulle in die donker. So weerspieël ons mos nie die waarheid en egtheid wat eie aan ’n kind van God die Almagtige is nie.

Imagine jy het heeldag lank rondgeloop met ‘n kopliggie. Jy weet, daai liggie wat jou pa/broer/sussie/ma op hulle voorkop sit wanneer hulle braai? Imagine nou die liggie was altyd aan … Dink net hoe laf sal dit wees as jy dan nog kla dat dit te donker is om jou.

Dis hoe dit is as ons sê ons is lief vir God, maar nie doen wat God van ons verwag as mense wat Hom liefhet nie. Ons kan nie aanhou vashou aan ons donker dele (geheime, sonde, vrese) as God se lig dit uitdryf nie. As dit werklik donker is, beteken dit dat daar geen lig skyn nie.

Dalk is daar nog donker dele in jou lewe wat donker bly, want jy laat nie God toe om Sy lig daarop te skyn nie. God wil nie hê jy moet dit opgee omdat Hy jou wil straf nie. Hy wil regtig hê jy moet nader aan Hom leef en dat Sy lig jou lewe verlig sodat jy ‘n lig vir ander kan wees.

Laat toe dat God jou lewe verlig!

Gebed: Heilige God, hoe meer ek tyd met U deurbring, hoe meer skyn U lig in my lewe en hoe meer dryf U die donkerte uit. Dankie dat U nie op my opgee nie. Dankie dat U altyd bereid is om U lig in te bring en vir my te wys wat reg en verkeerd is sodat ek in U lig kan lewe … Amen.

Uitdaging: Hoe kan jy God se lig in jou lewe toelaat? Kyk na gister se uitdaging en gaan verder daarmee. Bid dat God Sy lig in jou lewe se donker dele sal skyn en dat Hy jou in daardie areas sal verander soos wat jy blootgestel word aan Sy lig.