What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Laat die kreatiewe Skepper toe om jou nuut te maak

Romeine 12:2

Laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag.

Een van die lekkerste dinge van ‘n nuwe skooljaar was altyd vir my om met ‘n nuwe huiswerkboekie te begin. Weg met al die lysies wat gedoen – of toe nooit gedoen is nie! ‘n Hele boek vol skoon blaaie.

So hoop daar in ‘n mens se kop ook maar dinge op van dinge wat jy wens jy aan jouself kon verander, of dinge wat jy weet jy moet verander, maar nie eintlik aan wil dink nie.

Jy staan nou voor ‘n nuwe jaar met ‘n nuwe boekie in jou hand. Jy het nuwe energie en gaan nuwe besluite oor jou lewe moet maak. Die mens wat jy aan die einde van die jaar gaan wees, is soos die som van al die klein besluite van waar jy toegelaat het dat die Here jou verander.

Kies hierdie jaar om soos klei in die Here se hande te wees. Vra God en laat Hom toe om jou van binne af te verander en nuut te maak. Hy is getrou. Hy sal dit doen. Sy plan is om iets moois te maak.

Laat die kreatiewe Skepper toe om jou nuut te maak.

Gebed: Vader, ek is nie gelukkig met wie ek is nie. Ek skiet soms so ver tekort. Dankie dat U my wil en kan nuut maak. Ek kan dit nie sonder U doen nie. Amen.

Uitdaging: Vra die Here aan watter dele van jou geloof of persoonlikheid Hy hierdie jaar met jou wil werk. Vertrou Hom om vanjaar ‘n pad met jou te stap en jou in daardie area nuut te maak. As dit moeilik is om iets spesifieks te vind, lees 1 Korintiërs 13.