What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Laat God jou keuses lei – #imagine maandae

Lukas 2:1-7

5Hy het soontoe gegaan omdat hy uit Dawid se nageslag kom. Maria, wat in daardie stadium al lank swanger was, het saam met hom gegaan. 6Terwyl Josef en Maria daar in Betlehem was, het die tyd aangebreek dat haar Kind gebore moes word. 7Sy het toe ’n Seun in die wêreld gebring. Dit was haar eerste kind. Sy het Hom styf in doeke toegedraai en neergelê in ’n voerbak waaruit die diere hulle kos geëet het. Daar was geen ander plek vir Josef en Maria in Betlehem nie. Al die gastekamers en herberge was vol.

Lojaliteit en vertroue beteken baie in enige verhouding (by familie, vriende, ens). Kan jy aan ‘n geleentheid dink toe iemand getrou gebly het aan jou? Wat het daardie persoon gedoen om hul lojaliteit aan jou te wys?

Dit was ‘n reuse opoffering wat Maria gemaak het vir God en Sy plan. Maria was ‘n ongetroude jong meisie, maar sy het haar verhouding met God bo haar reputasie gestel. Hierdie teks herinner ons dat dit soms baie groot opofferings vra om ‘n verhouding met God te hê, maar dat dit absoluut die moeite werd is! Dit is so ‘n voorreg om deel van God se storie te wees.

Soms is dit moeilik om in die oomblik te weet wat die regte keuse is, maar dit help om jou verhouding met God altyd eerste te kies en toe te laat dat dit jou lei.

Laat God jou keuses lei!

Gebed: Here, dankie dat u ons elkeen deel maak van u storie. Here, soms is dit moeilik om jou in my lewe te hê! Help my om altyd aan u groter prentjie te dink en dit bo alles te stel.

Uitdaging: Vind iemand om mee saam te bid elke dag of week. Bid vir mekaar se getrouheid aan God, en bemoedig mekaar in julle reis saam met God.

Hierdie is deel van #imagine se bybelstudiereeks Surprisingly Different – oorspronklik getiteld Verras deur ‘n tienermeisie