What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Laat God eerste jou behoefte vir liefde bevredig!

2 Timoteus 2:22

Vlug vir enigiets wat jeugdige drange aanwakker. Spits jou daarop toe om reg voor God te lewe.

As jongmense word ons daagliks gebombardeer met allerhande dinge wat vir ons probeer sê hoe ons liefde moet vind in ander mense. Party flieks en shows probeer ons vertel dat dit belangrik is om fisies te wees in ons verhoudings en dat ons só liefde moet ervaar.

Hierdie tipe flieks en shows hou ons inge-zoom op die storie omdat dit dinge uitbeeld wat ware begeertes by ons aanwakker. Begeertes na liefde, aanvaarding en sorg. En al is daar niks verkeerd met sulke begeertes nie, is die oplossings wat gegee word deur die media glad nie in lyn met wat God vir ons in gedagte het nie.

God moet die eerste plek wees waar ons liefde, aanvaarding en sorg ervaar. God sorg vir daardie behoeftes wat die flieks en shows sê net deur ‘n ander persoon vervul kan word. Ons moet regtig versigtig wees met wat ons toelaat om ons behoeftes te bevredig – God se manier is nie ‘n quick fix nie, maar dit is die enigste manier wat ware liefde inlaat.

Laat God eerste jou behoefte vir liefde bevredig!

Gebed: Here, ek wil U volg en my lewe vir U leef. Help my om nie omgegooi te word deur hoe die media liefde uitbeeld nie. Amen.

Uitdaging: Hierdie een is ‘n moeilike een, maar dit doen soveel goed: Hou op om ‘n storie te volg wat die verkeerde uitbeelding van liefde promote.