What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Laat gaan van jou grudges!

Kolossense 3:13

Gee mekaar ’n kans sonder om mekaar met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. Die Here het immers by al julle foute verbygekyk. Daarom word niks minder van julle verwag nie.

Ek weet nie hoeveel jy van Paulus weet nie, maar hy het ‘n groot invloed gehad op die Nuwe Testament – ons kan 13 van sy briewe in die Bybel lees. Hy het dikwels aan mense vertel hoe hulle moet lewe soos mense wat op God vertrou. Die Bybel, soos ons dit ken, is baie oud. Maar ons sukkel steeds om die basiese beginsels reg te kry.

Een van die basiese dinge waarmee ons sukkel, is om ander mense te vergewe. Ek onthou ‘n paar keer die afgelope jaar waar sommige van my vriende een ding sou sê en iets heeltemal anders doen en my vertroue breek. Veral as ons rekenaarspeletjies speel. Om verraai of seergemaak te word, is nooit lekker nie – maar ons moet versigtig wees om nie ‘n grudge teen iemand te hou nie.

Stel jou voor dat, elke keer wanneer jy gesondig het, God ‘n grudge teen jou hou. Ons sou in groot moeilikheid wees. Maar ons weet dat God ons vergewe deur Jesus – sonder dat ons iets kan doen om vergifnis te ‘verdien’. As daardie vergifnis so spesiaal vir ons is, moet ons die mense wat ons teleurgestel het, ook vergewe – nie omdat hulle dit ‘verdien’ nie, maar omdat dit verhoudings herstel.

Laat gaan van jou grudges!

Gebed: Here God, U weet wat in my hart roer. Help my asseblief om my vriende te vergewe wanneer hulle my seergemaak het, net soos U my deur Jesus vergewe het … Amen.

Uitdaging: Hou jy enige grudges? Neem bietjie tyd om Efesiërs 4 te lees. Môre se Padkos gaan daaruit kom.