What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Laat alles wat jy doen, in aanbidding gedoen word!

Kolossense 3:17

Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee.

Het jy al ooit gedink waarom die meeste Christene ‘n gewoonte het om voor elke ete ‘n gebed op te sê? Dis ‘n tyd waarin ons baie doelbewus aanbidding oefen – ons sê voor ander mense dat ons dit waardeer wat God aan ons gegee het. Ongelukkig is dit die enigste aanbidding wat sommige mense in hulle dag inpas.

Ek weet nie van jou nie, maar dit voel soms crazy om te dink dat God wil hê ons moet meer soos Jesus word. Maar dis nie ‘n onmoontlike ding om te doen nie. As ons ons lewens, en die alledaagse dinge wat ons doen, vol aanbidding maak, sal ons nader aan God groei.

Dalk kan jy begin deur ‘n goeie sportspersoon op die veld te wees. Of dalk kan jy die kassier by die winkel vra oor haar dag. Jy kan ook nader aan God groei as jy die keuse maak om te alle tye eerlik te wees, al weet jy dat jy die gevolge moet dra vir wat gebeur het. Ja, miskien is die groot stap (nader aan God) nie so groot nie. Miskien is dit gevul met klein treetjies wat in oomblikke van aanbidding geneem word.

Laat alles wat jy doen, in aanbidding gedoen word!

Gebed: Dankie Vader, dat U soveel genade aan my gee. Dankie dat U vir my lewe en vreugde gegee het. Help my om U te aanbid in die klein dingetjies sodat ek ‘n lewe van aanbidding kan lei. Ek is lief vir U … Amen.

Uitdaging: Dink aan iets wat jy doen as deel van jou daaglikse roetine. Wanneer jy weer daardie ding doen, bv. om op jou motorfiets skool toe te ry, doen ‘n kort gebed om die Here te vra om jou te beskerm as ‘n aksie van aanbidding.