What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kry jou vlekke uit by die Een wat hulle verwyder!

Jesaja 1:18

Kom ons handel dié saak nou af, sê die Here. Dit maak nie saak hoe diep die vlekke van julle sonde is nie, Ek kan dit skoonmaak. Al was julle bloedrooi gevlek van die sonde, kan Ek dit wegwas en julle so wit laat word soos sneeu wat nou net geval het. Selfs al is die vlekke van julle sonde purperrooi, sal Ek julle skoonmaak sodat julle so wit soos splinternuwe wol sal lyk.

Kom ons wees ‘n bietjie real. Sonde is nie iets wat ons ligtelik moet opneem nie. Selfs wanneer ons weet dat Jesus ons vry gemaak het. Het jy onlangs so seergekry dat jy begin bloei het? Bloed is ‘n diep, donker, rooi kleur. En het jy al ooit een van jou ouers gesien sukkel om wyn of bloed uit ‘n hemp te kry? Jip, die hemp is waarskynlik weggegooi.

God is bewus van ons sondes en al die slegte dinge wat ons doen – en dit is lelik. God wil ‘n lewe vir ons hê waar ons rein in Sy teenwoordigheid sal leef. Hy begeer dat ons heilig moet wees. En Hy is bereid om dit aan ons te gee. God luister na ons. Maar as ons nie regtig skoon wil wees nie, gaan God dit nie op ons afdwing nie. Tensy ons kan sê: “God, ek het U nodig” gaan ons met gevlekte hemde rondloop.

God dwing ons nie om skoon te wees nie. Ons is nie soos robotte waar God elke beweging beheer met ‘n remote in Sy hand nie. Dit is nie hoe God dinge doen nie. God begeer vir ons om na Hom toe te kom en te erken dat ons Hom nodig het om ‘n skoon lewe te lei. En wanneer God ons vergewe, is ons vlekkeloos.

Kry jou vlekke uit by die Een wat hulle verwyder!

Gebed: Dankie Here, dat U die vlekke wat deur sonde in my lewe gemaak word, wil verwyder. Here, maak my asseblief skoon en genees my rou plekke sodat ek voluit vir U kan lewe … Amen.

Uitdaging: Vra God om jou te vergewe vir iets wat jy dalk van Hom probeer wegsteek. As jy nie aan iets kan dink nie, vra God om dele in jou lewe uit te lig waar jy met vlekke rondloop.