What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Koop twee en kry een gratis

Efesiërs 2:8-9 “Vra julle waarom julle nou juis gered is? Wel, dit is omdat God so goed is en julle Jesus so vertrou. Dit is nie iets wat ons self reggekry het of kon doen nie: God het dit vir ons verniet gegee. Dit is nie iets waaroor enigeen van julle kan loop en spog nie, want dit is nie asof julle self daarvoor gewerk of dit verdien het nie.

Dit gebeur gewoonlik op onverwagse tye – iemand gee jou ‘n random geskenk sonder om iets terug te verwag. In die winkels kry ons specials soos koop twee en kry een gratis. Wanneer ons ‘n drukkie van ‘n spesiale persoon kry of net ‘n boodskap dat hulle jou mis, maak dit só ‘n groot verskil in ons lewe.

Wanneer was die laaste keer dat jy iets vir iemand gedoen het sonder om iets terug te verwag? Paulus herinner ons dat ons net uit genade gered is en dat dit nie iets is waarvoor ons gewerk het nie. Dis eenvoudig net ‘n geskenk wat God aan elkeen van ons gee.

Partykeer gaan jy iemand moet vergewe al het hulle jou baie seergemaak. Dit is dalk nie die maklikste ding om te doen nie, maar dit wys dat jy die vergifnis wat God aan jou gegee het deur genade so deur jou laat werk dat jy ander ook kan vergewe.

God vergewe jou uit genade!

Gebed: Here, dit is moeilik om te besef hoe baie ek sondig en hoeveel keer ek voel soos ‘n mislukking, maar steeds het U my uit genade gered en vergewe. Laat my geloof so in U groei dat ek ook mense wat my te na kom, kan vergewe. Amen.

Uitdaging: Probeer om iets goed aan iemand te doen vandag sonder om enige iets terug te verwag.

NS: Die wêreld is maar rof daar buite. Hy gooi allerhande curveballs wat ons partykeer sukkel om te dodge. As jy weet van iemand wat ook hierdie Padkos stukkies van Roadtrip247 sal geniet, beveel hulle aan. WhatsApp hulle naam, van en taalvoorkeur na +27670501480.

BAIE NB! Roadtrip247 se nommer (+27 67 050 1480) moet onder hulle contacts gestoor word. Ons maak gebruik van broadcasting en as hulle nie Roadtrip247 se nommer op hulle foon gestoor het nie, sal die boodskap nie by hulle uitkom nie.