What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kom ons loop saam in God se lig!

1 Johannes 1:7

7Maar as ons in die lig lewe, soos God in die lig is, dan behoort ons aan mekaar…

Sê nou maar jy wou die beste rugbyspeler in die land word, hoe sou jy dit regkry? Sou jy elke dag gaan oefen in ‘n swembad? Sê nou jy wou ‘n hokkiester word. Sou jy elke dag 10 000 meter om die atletiekbaan gaan hardloop? Nee, natuurlik nie. Jy sou op die rugby- of hokkieveld gaan oefen, saam met ander mense.

Die rede waarom ons daar oefen en deel word van ‘n span is dat ons almal mekaar kan aanspoor om die beste te wees. Ons het een doel en ons het die regte hulpbronne beskikbaar. Net so as ons saam met ander Christene in God se lig stap, kan ons soveel meer groei as wat ons net op ons eie die lewe probeer aandurf.

Soos wat God se lig in ons lewe skyn en ook in die lewens van die ander om ons, loop ons meer in God se lig. Na ‘n ruk is daar soveel van God se lig (waarheid, reinheid, liefde) wat in ons lewe skyn dat dit ander mense ook help.

Kom ons loop saam in God se lig!

Gebed: Dankie Here, dat ek ook saam met ander Christene die lewe kan aanpak. Dankie dat die lig wat U in hulle lewe skyn ook vir my help, en die lig wat U in my lewe skyn ook vir hulle kan help. Ek wil nie alleen probeer om U te volg nie. Ek wil dit doen saam met ander wat U ook liefhet … Amen.

Uitdaging: Het jy ‘n jeuggroep of -diens waarna jy kan gaan om saam met ander mense soos jy God se liefde te ervaar? Indien nie, maak ‘n plan om by so ‘n groep mense in te skakel. Indien wel, kyk of jy op ander maniere God se lig kan wees in jou alledaagse lewe.