What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kom ons deel! – #imagine Maandae

Lukas 2:8-20

Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het.

Sukkel jy soms om jou storie te deel met ander? Dalk moet jy kyk na die skaapwagters in die dae toe Jesus gebore is. Die skaapwagters was arm en het nie skool toe gegaan nie. Hulle was besig om na hul skape te kyk, maar dit het hulle nie gekeer om hulle storie te deel nie. Partykeer is daar dinge wat ons dink in die pad staan om die storie van Jesus met ander te deel. Miskien is dit ʼn besige skedule, of dat jy dink jy nie genoeg weet nie.

Lees die hele storie en omkring al die werkwoorde (aksies) in verse 15-20. Die woorde gee ons leidrade oor die maniere waarin ons ons geloofstorie met ander kan deel. Jy kan die storie in ʼn unieke en kreatiewe manier leer vertel wat ook jou talente gebruik. So kan jy God verteenwoordig!

God roep elkeen van ons om Sy liefde te verteenwoordig op die plekke waar ons nou is. Daar is geen rede om moeilike feite of tegnieke te leer voordat ons God se liefde met ander kan deel nie. Al wat ons nodig het, is om te besef dat God ons Sy liefde gegee het en dat ons dit kan deel net waar ons is.

Ons dink soms ons is altyd geroep om mense te red of reg te maak, maar partykeer moet ons net by hulle wees. Soms kort iemand net ʼn vriend om hulle te help deur ʼn goeie of moeilike tyd (maak nie saak hoe oud hulle is, hulle kleur, hulle kultuur, of hulle taal nie).

Kom ons deel!

Gebed: Here, help my om te onthou dat my roeping soveel groter is as om mense se probleme vir hulle reg te maak. Help my om ʼn seën te wees vir ander op die maniere wat hulle nodig het, al weet ek nie altyd wat dit is nie. Amen.

Uitdaging: Bid vir iemand spesifiek hierdie week, maar vra ook vir Jesus daagliks om vir jou te wys hoe jy vir daardie persoon ʼn seën kan wees.

Deel twee van #imagine se bybelstudie Verlosser-Koning: Die skaapwagters en die Engele