What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kom ons bevriend ander mense om Jesus se liefde te wys!

Johannes 15:9-17

“Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.”

Hierdie gedeelte daag ons nie net uit om mense waarvan ons hou lief te hê en te bevriend nie, maar eerder almal – ook dié van wie ons nie hou nie! Wat beteken dit vir ons?

Ons keuse van vriende sê baie van wie ons is. Dink aan die mense wat Jesus vriende genoem het en die mense saam met wie Hy tyd deurgebring het. Ons maak nie altyd moeite om mense te bevriend wat anders is as ons nie, want dis makliker om vriende te wees met mense wat soos ons leef en dink.

Dis baie belangrik om te dink aan die manier hoe ons vriende behandel en hoe hulle ons behandel. Ons kort gesonde verhoudings in ons lewens, want ongesonde verhoudings is nie goed vir ons nie.

Kom ons bevriend ander mense om Jesus se liefde te wys!

Gebed: Dankie, Here, vir vriende! Dankie ook vir toekomstige vriendskappe met wonderlike mense wat ek nog nie eers ontmoet het nie. Dankie dat ons ʼn spesiale deel van U liefde kan sien in ons vriendskappe met ander mense. Help my om ʼn goeie vriend te wees en in U liefde te lewe. Amen.

Uitdaging: Is daar ʼn ouetehuis in jou gemeenskap? Daag jou vriende uit om ʼn ouma of oupa “aan te neem”. Gaan kuier gereeld by hulle en bring tyd met hulle deur soos jy met enige vriend sou. Of bring dalk jou pouses by die skool deur met verskillende groepe en leer mekaar so ken. Of maak ʼn doelbewuste besluit om iemand van ʼn ander kultuur te bevriend en by mekaar se huis te kuier.