What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Klim onder die vergrootglas uit!

Romeine 8:1 Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort.

Soms sukkel ‘n mens om uit te figure hoe jy nou eintlik moet wees. Jy wil nie meer soos ‘n klein kindjie optree nie, maar jy is nog ook nie heeltemal ‘n grootmens nie.

Ek kan onthou dit het my net nog meer verwar wanneer iemand vir my sê: Wees net jouself! Want wat as ek nog nie self seker is wie ek is nie en wat as dit wie ek is nie eintlik goed genoeg is vir die mense rondom my nie?

Wanneer jy oor hierdie dinge wonder, is jy geneig om jouself onder die vergrootglas te sit. Dit wat jy nie kan doen nie, word opgeblaas in jou gedagtes en dit voel asof dit soos ‘n lelike puisie uitstaan.

Maar almal het foute! Niemand is volmaak nie. Ons moet eerder met sagte oë na mekaar en na onsself kyk en die vergrootglas bêre.

Die heel beste nuus is dat die Een wat jou gemaak het dink jy is nogal wonderlik! En Hy judge jou glad nie vir jou foute nie, so waarom sal jy jouself so swaar judge?

Maak vrede met jou foute en tekortkominge. Dalk het dit iets te doen daarmee dat ‘n mens beter in staat is om ander mense lief te hê wanneer jy vir jouself lief is.

Gebed: Here, help my asseblief om nie so hard op myself te wees nie. Dankie dat U my liefhet net soos ek is. Help my om ook vir myself lief te wees en myself te sien soos wat U my sien. Amen.

Uitdaging: Boost jouself en maak ‘n lys van jou goeie punte.  Gebruik dit om ’n lekker mens in ander se oë te wees.