What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kies reg

Deuteronomium 30:19 “Vandag gee ek vir julle die keuse: kies tussen lewe en dood. Kies of julle wil hê dat dit voorspoedig met julle moet gaan, en of julle wil hê teëspoed moet al agter julle aantrek. God in die hemel en al die mense op aarde sien wat julle vandag kies. Ag, mag julle tog maar die lewe kies!” 

Gevaar! Dis die woord wat julle seker die meeste hoor wanneer daar oor sosiale media gepraat word. Maar dit hang van jou af of jy gaan toelaat dat die sosiale media jou positief of negatief gaan beïnvloed.

Watter positiewe effek kan sosiale media op jou hê? Ek is nie seker of jy daardie antwoord van jou ouers gaan hoor nie, maar lees gou hier: Dit help jou om maklik connected te bly met jou vriende, studiegroepe gebruik sosiale media vir opvoedkundige doeleindes, dit maak jou bewus van dinge wat in die wêreld aangaan, dit gee jou vinnige ondersteuning wanneer jy alleen voel, en dis maar net ‘n paar voorbeelde van hoe sosiale media positief gebruik kan word.

Die keuse is joune. Gaan jy toelaat om meegesleur te word deur die negatiewe, en ons almal weet daar’s baie, of gaan jy toelaat dat jy in beheer bly van wat jy wil lees en wat opbouend is.

Kies reg.

Uitdaging: Delete daardie deel van sosiale media wat jou tyd en vreugde steel.

Gebed: Here, help my om die regte keuse te maak met sosiale media. Ek wil nie hê dit moet negatief op my lewe inwerk nie. Amen.

NS: Die wêreld is maar rof daar buite. Hy gooi allerhande curveballs wat ons partykeer sukkel om te dodge. As jy weet van iemand wat ook hierdie Padkos stukkies van Roadtrip247 sal geniet, beveel hulle aan. WhatsApp hulle naam, van en taalvoorkeur na +27670501480.

BAIE NB! Roadtrip247 se nommer (+27 67 050 1480) moet onder hulle contacts gestoor word. Ons maak gebruik van broadcasting en as hulle nie Roadtrip247 se nommer op hulle foon gestoor het nie, sal die boodskap nie by hulle uitkom nie.