What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kies jou vriende

Psalm 1:1-2 God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie. Jy hardloop nie agter elke nuwe sonde op die mark aan nie. Jy is ook nie bevriend met daardie spul wat met God spot nie. God is baie bly omdat jy sy Woord geniet. Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word.

Het jy al ooit gevoel asof jy moet kies tussen jou vriende se opinie en God sʼn? Partykeer druk mense ons om iets te sê of te doen wat ons weet God sal teleurstel; dit is net nie wie Hy ons geskep het om te wees nie. Maar wil God dan hê dat ons geen vriende moet hê nie en eendag alleen doodgaan?

God wens jou niks behalwe die beste nie! Dit beteken dat God net die beste vriende vir jou wil hê wat jou sal help om te groei in jou geloof. Dit beteken nie dat al ons vriende Christene moet wees of soos Christene moet leef nie; wat dit wel beteken is dat óns soos Christene moet leef. Ons moet ons vriende met liefde en respek hanteer en vir hulle wys wat dit beteken en hoe dit voel om ʼn Christen te wees. Maar partykeer beteken dit dat ons ʼn breuk moet vat van vriende wat nie ons keuses respekteer nie.

Gebed: Dankie, Jesus, omdat U gekies het om deel te wees van my lewe. Dankie vir al my vriende. Ek bid veral vir die wat U nog nie ken nie en vir die wat wil hê dat ek my verhouding met U moet agterlaat. Help my om sterk in my geloof te bly en om altyd te onthou hoe lief ek U het. Amen.

Uitdaging: Bid vir ʼn vriend wat probeer om jou te forseer om iets te doen wat jy weet nie reg is nie. Bid vir hulle elke dag hierdie week en vra vir God om jou sterk in jou geloof te hou.