What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kies God se geskenk!

Romeine 6:23

Ek sê weer: as ’n mens jou hele lewe lank vir die sonde werk, is die dood jou beloning. So eenvoudig is dit. God gee egter aan ons die ewige lewe verniet. Dit is sy geskenk aan ons wanneer ons in Christus Jesus as ons Here glo.

Wat is die ergste straf wat jy ooit ontvang het? Miskien was dit na ‘n geveg met jou broer of suster? Miskien was dit toe jy jou ouers ge-backchat het? Miskien is dit iets wat by die skool gebeur het. Vir my was dit ‘n groot geveg met my ouers terwyl ons met vakansie was. Ek was vir 3 maande gehok.

Om Jesus lief te hê, gaan baie daaroor om eintlik net eerlik te wees oor die feit dat ons verkeerde dinge doen. Die meeste van die tye waar God in die Ou Testament gestraf het, was omdat mense geweier het om te erken dat hulle verkeerd was. As ons nooit dink of glo dat ons verkeerd kan wees nie, probeer ons ons eie gode wees.

Maar as ons weet dat ons Jesus nodig het … as ons verstaan hoeveel Hy omgee … en net hoeveel ons op Hom staatmaak … kan ons werklik lewe en vulnerable wees om te sê: “Ek het ‘n fout gemaak, maar ek wil vir U lewe.”

God wil vir ons die geskenk van lewe gee, net soos my ouers my die gratis geskenk van ‘n vakansie gegee het. Moenie wees soos ek was tydens daardie vakansie nie: verkeerd en onwillig om dit te erken. Wees eerder soos die man in Lukas 18:13 wat gesê het: “God, ek is ’n sondaar. Help my! Wees my genadig!”

Kies God se geskenk!

Gebed: God, help my asseblief om te erken wanneer ek verkeerd is. Ek het U meer as enigeiets in hierdie hele wêreld nodig. Ek wil nie koppig wees nie, ek wil eerder my alles vir U gee. … Amen.

Uitdaging: Stuur hierdie Padkos-stukkie aan ‘n vriend vandag.