What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kies die regte ding, selfs al doen niemand anders nie.

Eksodus 23:1-9

2Jy moenie iets doen omdat almal dit doen nie. Jy moenie saam met almal iets doen as jy weet dit is verkeerd nie. Jy moet ook nie met almal saampraat wanneer hulle die waarheid verdraai net omdat jy wil hê hulle moet van jou hou nie.

As ons eerlik moet wees, sal ons erken dat wanneer ons iets doen wat ons weet ons eintlik nie moet nie, is die maklikste verskoning dat iemand anders dit eerste gedoen het. Dis maklik om iets reg te doen wanneer almal dieselfde doen, maar wanneer ander iets doen wat nie reg is nie, kan dit super moeilik raak.

Ons moet ophou met die verskoning dat hy/sy dit eerste gedoen het – al sien ons dat die mense wat verkeerd doen nie gestraf word nie. Ons wil lewens lei wat wys dat ons aan Jesus behoort. Soms beteken dit dat ons die regte ding moet kies, selfs al doen niemand anders nie.

Dit kan moeilik wees om ‘n Christen te wees in ‘n wêreld waar dit voel of niemand meer vir God ken nie. Onthou net dat jou krag van God kom, want Hy woon in jou! En miskien kan jy dan die rede wees dat iemand anders kies om die regte ding te doen as gevolg van jou voorbeeld.

Kies die regte ding, selfs al doen niemand anders nie.

Gebed: Liewe Vader, U het my die vryheid gegee om te doen wat ek wil. Help my om te kies om die regte ding te doen al staan ek alleen. Amen.

Uitdaging: As jy weer versoek word om die verkeerde ding te doen, wees braaf en maak die regte keuse.