What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Keer dat sonde in jou gedrag inkruip!

Romeine 6:12

Moenie toelaat dat die sonde en sondige begeertes ooit weer ’n houvas op julle kry terwyl julle nog hier op aarde leef nie.

Die mens se brein is nogal amazing. God het ons geskep met soveel potensiaal. Ons brein kan super-komplekse dinge dink en doen. Hoekom vergeet ons dan soms dat dit belangrik is om versigtig te wees oor wat ons dink? Die dinge wat ons dink, beheer baie keer wat ons doen.

As julle ooit sou kyk na die brein van ‘n verslaafde sal julle sien die effek van die dwelms verander die manier waarop die verslaafde dink oor sekere dinge. Maar dit gebeur nie net met verslawings nie. Dit gebeur selfs wanneer ons ‘n patroon ontwikkel van hoe ons dinge doen. As jy een leuen vertel, word dit net soveel makliker om die volgende keer weer ‘n leuen te vertel.

As ons toelaat dat ons sondes ‘n patroon word, is ons besig om dit ‘n houvas te gee in ons lewens. Ons kan altyd vra dat God ons sal help om die slegte dinge agter te los. Dit is genade: Ons het dit nie verdien nie, maar Jesus maak dat ons kan vry wees van sonde.

Keer dat sonde in jou gedrag inkruip!

Gebed: Dankie God, dat ek vry is van sonde. Help my asseblief om vroegtydig te keer as ek ‘n patroon ontwikkel van verkeerde dinge doen. As ek begin om weg te draai, sit asseblief ander mense in my lewe om my ook weer net aan U te herinner. Amen.

Uitdaging: Kry een van jou vriende wat gewillig sal wees en vra of hulle jou sal herinner aan Jesus as hulle sien jy doen iets verkeerd – jy sal ook gewillig moet wees om te luister.