What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy mis nie uit in God se vryheid nie!

Romeine 6:1-2

1Moet ons dan aanhou sonde doen sodat God kan aanhou om ons vry te spreek? 2Nee, hoegenaamd nie! Die sonde het mos nie meer ’n houvas op ons nie. Ons is morsdood daarvoor.

Toe Jesus in my lewe gekom het, was ek oorweldig. Ek kon dit byna nie glo dat God my vrygemaak het van die houvas wat die sonde op my gehad het nie! Dit was ‘n great gevoel. Maar jy weet mos dat kougom aan die begin heelwat smaak het, maar hoe langer jy kou, hoe minder word die smaak. Ek het my lewe amper so geleef.

Omdat ek steeds self kon besluit hoe ek wou lewe, het ek gekies om dinge te doen wat nie eer aan God gebring het nie deur vriende te maak wat allerhande dinge gedoen het waaroor ek amper te skaam is om te praat. My squad in daai tyd was nie ‘n goeie invloed op my nie – maar dit was okay, reg? God sou my mos vergewe?

Ja!  God het my links en regs vergewe, maar dit het later vir my min beteken. Dit was eers toe my vriende my probeer oorreed het om iets onwettig te doen dat ek besluit het ek kon nie meer so aangaan nie. Ek wens ek het gekies om nie God se genade so goedkoop te maak nie. Dit het tyd gevat, maar God het my gehelp om te sien dat Hy beter was as die dinge waarop ek uitgemis het.

Jy mis nie uit in God se vryheid nie!

Gebed: Here, help my asseblief om nie U genade goedkoop te maak nie. Dankie dat U my vrygemaak het. Ek wil kies om sonde agter te laat … Amen.

Uitdaging: Vertel ‘n vriend of vriendin een ding wat verander het toe jy vir Jesus ontmoet het en hoe dit jou vrygemaak het.