What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy kan nie ‘n 1-player Christen wees nie.

Johannes 17:12

Daarom vra Ek U, kyk asseblief na hierdie mense wat Ek tot nou toe versorg het. U het die gesag om hulle te beskerm. Die gevolg sal wees dat hulle soos een man sal saamwerk, net soos U en Ek saamwerk …

Jy het seker al die gesegde gehoor “There is no I in team”. As ons in ‘n span werk, is ons nie meer net ‘n klompie random mense wat elkeen hul eie doel wil bereik nie, maar ons het een gesamentlike doel. Ek dink baie van ons hanteer ons lewe soos ‘n 1-player speletjie. Dis ek teen almal anders.

Dis ten minste hoe ons grootword – ons leer dat as jy nie die beste is en ander mense kan oortref met jou vermoëns nie, gaan jy lelik die merk mis. Imagine ons het so kerk toe gegaan: Ons probeer ‘beter’ worship as die persoon langs ons, ons probeer ‘mooier’ bid, meer Bybellees, en slimmer klink oor God.

Dit klink nie reg nie, né. Om ‘n Christen te wees, gaan juis nie oor onsself nie. Dit gaan oor Jesus. So ons wat in Jesus glo, moet saamwerk. Dis hoekom ons die ligaam van Christus genoem word. Ons vorm saam ‘n geheel. Ons moet die eie-ek elke dag neerlê sodat ons saam die wêreld kan verander en ander mense wys hoe great dit is om God te ken.

Jy kan nie ‘n 1-player Christen wees nie.

Gebed: Here, ek is jammer oor al die kere wat ek nie wou saamwerk met ander gelowiges nie. Ek weet ek probeer soms beter wees as die mense om my. Ek wil nie ‘n 1-player Christen wees nie. Wys vir my die beter manier. … Amen.

Uitdaging: In plaas daarvan om te konsentreer op hoe jy sing of wat die persoon langs jou dink in die kerk, fokus eerder op die rede wat julle kerk toe gekom het – Om God te eer!