What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy kan nie liefde fake nie

1 Korintiërs 13:2

Sê nou ek kan uitstekend preek, is hoog geleerd in die dinge van die Here en verstaan dinge van God wat ander mense nie eens weet nie, en boonop het ek nog die grootste geloof wat jy jou kan voorstel, maar ek het nie ander mense lief nie, is ek vir die Here ’n nul op ’n kontrak.

Toe ek jonger was, was ek altyd ongelooflik gelowig gewees. Maar my gelowigheid was baie kere nie ‘n goeie ding nie, want ek het gedink dat my ‘spirituele optrede’ die ding is wat maak dat ek ‘n goeie Christen is. So almal wat nie so ‘n goeie Christen soos ek was nie het ek maar net voor gewaai en gesê Cheers!

Ek weet nie of jy so ‘n persoon ken nie, maar ek kan jou nou sê, dis die een manier waarop ek die meeste vriende ooit verloor het. Ek het ‘n paar vriende gehad wat begin rook het, en dit was natuurlik vir my net ‘n reguit teken dat ek vir hulle ook net dadelik moet sê Cheers! Ek’s beter as jy omdat ek dit nie doen nie.

Die funny ding is, ek dink as Jesus vandag saam met ons op aarde geloop het, is dit juis die rokers, drinkers en verslaafdes met wie Hy sou vriende maak. Ek dink baie mense is onder die wanindruk dat as hulle goed perform voor God, hulle heel aanvaarbaar is. Hulle dink dat ons nie vir mense hoef om te gee wat meer ‘verkeerd’ doen of dit nie als ‘agter mekaar’ het nie.

Jammer om jou bubble so te bars, maar dis nie liefde nie. Liefde gryp in by die moeilike situasies. Dit beteken ons moet Jesus se onvoorwaardelike liefde dra ongeag wie die ander persoon is of wat hulle doen.

Jy kan gelowigheid fake, maar jy kan nie liefde fake nie.

Gebed: Here, help my om meer mense lief te hê. Help my om te doen wat reg is, maar help ook dat ek nie sal toelaat dat my gelowigheid my weerhou om ander lief te hê nie. … Amen.

Uitdaging: Spandeer ‘n pouse met iemand wat jy weet rook, drink, of verslaaf is aan iets. Dit beteken nie jy hoef deel te neem nie, maar dit beteken wel jy leer hulle beter ken.