What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy kan nie deel wat jy nie het nie

Johannes 17:21

“Vader, U weet hoe heg en intiem ons verhouding met mekaar is. Ons belange, denke en dade is totaal een. Gee asseblief dat hulle verhouding onder mekaar en veral met Ons net so heg en intiem sal wees.”

Disaster movies het ‘n manier om ‘n mens se aandag te kry! Dit laat jou dink oor dinge waaroor jy nie gewoonlik dink nie. Hoe sal ek optree as daar wêreldwyd ‘n virus vrygelaat word waarvan die kuur baie skaars is? Hoe sal ek maak as daar ‘n vloed kom wat die hele wêreld oorspoel?

Die lewe is egter nie soveel anders as sommige disaster movies nie. Dit speel net baie stadiger af. Die probleem het begin toe die mens in sonde geval het. Alle mense is skuldig en is gedoem tot die ewige dood. In God se genade het Hy egter ‘n kuur daarvoor gemaak: geloof in Jesus Christus se betaling vir ons sondes. Ons lees in 2 Petrus 3:9 dat God nie wil hê dat enige iemand verlore moet gaan nie, maar dat almal ‘n geleentheid moet kry om na Hom toe te draai.

Die manier hoe Hy kies om vir die wêreld te wys hoe en Wie Hy is, is deur ons. Baie belangriker as jou doel hier op aarde om eendag ‘n interessante werk en ‘n wonderlike gesin te hê is jou doel om God se liefde vir ander te wys.

Net soos Jesus kan ons hierdie taak egter nie op ons eie doen nie. Hoe kan ons vir iemand wys Wie God is as ons Hom self nie so goed ken nie? Hoe kan ons Sy liefde vir ander gee as ons self nie ‘n intieme verhouding met Hom het nie? Hoe kan ons sê ons glo in Hom as Hy nie ons alles is nie?

Dit was Jesus se gebed kort voor hy die aarde verlaat het – dat ons ‘n hegte verhouding sal hê met God. Sodat ons dit aan die res van die wêreld kan uitdeel.

Gebed: Here, ek raak distracted met so baie dinge en dan vergeet ek dat U eintlik die belangrikste in my lewe is. Help my asseblief om my oë op U te hou en nie toe te laat dat enige iets my tyd saam met U steel nie. Amen.

Uitdaging: Dink hoe jy in ‘n paar sinne vir iemand sal sê wat God vir jou beteken.