What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy is welkom by God, foute en al.

Hebreërs 4:16

Ons hoef dus nie bang te wees of te wonder of ons na God toe mag gaan nie. Ons kan maar gaan, want God sal baie goed wees vir ons.

Wat ‘n voorreg het Adam en Eva darem nie gehad nie! Hulle kon elke dag in ‘n pragtige tuin saam met God loop en gesels oor dit wat op hulle hart is. Toe hulle sonde veroorsaak dat hulle nie meer gemaklik in God se teenwoordigheid voel nie, het alles egter verander.

Dit is ons foute en swakhede wat ons ook maar soms laat wonder of ons welkom by God sal wees. Gaan Hy kwaad wees en met ons raas as ons naby Hom kom? Of nog erger – ons dalk ignoreer? Ek dink die duiwel sou ons nogal graag dit wil laat glo!

Die waarheid is dat God baie graag naby aan jou wil wees en saam met jou wil loop en gesels. Dit is vir Hom so belangrik dat Hy bereid was om die heel duurste prys daarvoor te betaal – Jesus se lewe. As ons kies om Jesus te volg, kan ons warts and all na God toe gaan. Al wat Hy sien, is Sy kind wat Hom soek en weet dat hulle Hom nodig het. Hy sal jou help en met Sy liefde toevou.

Die lewe en die keuses wat ons maak laat merke op ons – amper soos tattoos. Gelukkig hoef jy nie perfek te wees voordat jy na God toe kan gaan nie. Dit is juis Sy teenwoordigheid wat jou skoon was.

Jy is welkom by God, foute en al.

Gebed: Vader, ek maak maar soms droog en dan is ek skaam om na U toe te kom. Dankie dat U graag by my wil wees en ook verby my foute sal kyk as ek dit vir U bring. Amen.

Uitdaging: Kry ‘n stil plekke buite of in jou kamer en verbeel jou jy en God loop in ‘n pragtige tuin. Vertel vir Hom alles wat op jou hart lê.