What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy is vergewe

Psalm 103:12

So ver soos die verste punte van die heelal van mekaar af is, so ver, en nog verder, vat Hy ons sonde se straf van ons af weg.

Het jy al ‘n groot gemors aangevang? Het dit al met jou gebeur dat jy in die oggend opstaan met die beste intensies om die regte dinge te doen en voor jy jou kom kry, het jy alweer iemand seergemaak of ‘n simpel ding gesê?

Join the club! Romeine 3:12 sê daar is geen mens wat die goeie doen nie – selfs nie een nie! Die feit dat jy al in jou lewe ‘n paar verkeerde keuses gemaak het, is glad nie vir God ‘n verrassing nie. Hy ken die mens al van oertyd af en Hy ken vir jou ook.

Wanneer jy jou sonde na God neem en Hom vra om jou te vergewe, gebeur ‘n wonderlike ding. Hy neem alles weg. Hy sien jou as ‘n skoon, nuwe mens. Hy dink nie meer aan jou foute nie, so waarom moet jy aanhou om daaroor te dink?

Wanneer ‘n mens besef dat jy werklik vry is van dit wat gister gebeur het, kry ‘n mens nuwe moed! Die wete dat God jou liefhet, vul jou met blydskap en krag. Dan skep jy nuwe moed en word dit, deur Sy krag, selfs effens makliker om volgende keer die regte keuse te maak.

Jy is nie rubbish nie. Jy is nie die som van die foute wat jy gemaak het nie. Jy is wie God sê jy is.

Jy is vergewe!

Gebed: Vader, ek het al groot foute gemaak. Dit voel soms vir my of ander mense so wonderlik is en ek net gemors is. Help my om myself deur U oë te sien.

Uitdaging: Maak ‘n tydlyn van jou geboorte tot nou met al die goeie en slegte dinge wat al in jou lewe gebeur het. Watter van die slegte keuses of gebeure pla jou nog? Hoe laat dit jou oor jouself voel? Vat dit een vir een na God toe en vra Hom om jou weer heel te maak. As jy sukkel daarmee kan jy iemand wat jy vertrou, vra om jou te help.