What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy is nie ouerloos nie.

Psalm 27:10 Selfs al wil my pa en ma niks met my te doen hê nie, sal die Here self vir my sorg.

Jou Ma en Pa is die primêre bron van liefde en beskerming vir meeste kinders. Sommige kinders word sonder ’n pa of ’n ma groot. Ander kinders word weer groot met beide ouers in die huis, maar word mishandel of geboelie deur hulle ouers.

Net omdat daar ’n ouer in jou huis is, beteken nie altyd dat hulle jou liefhet soos hulle veronderstel is nie. Soms wys ouers nie hulle liefde vir jou nie. Ander kere voel dit asof jou ma of pa net vir jou lief is wanneer jy iets bereik het by die skool of in sport.

Ons soek die heeltyd aanvaarding by ons ouers en wil hulle graag trots maak om te wys dat ons vir hulle lief is. Wanneer jou ouers hierdie liefde nie terug beantwoord nie, is dit soos ’n klap in die gesig en dan is dit maklik om by verkeerde dinge en mense aanvaarding te gaan soek.

Gelukkig is hierdie probleem klaar vir ons opgelos. Wanneer jy vir God meer liefhet as enigiets in die wêreld, is jy nie moeder- of vaderloos nie. Hy sal jou nie alleen los in jou gebrokenheid nie, want Hy is jou Hemelse Pappa en Sy liefde sal vir jou genoeg wees.

God is die perfekte Pa en Sy liefde vir ons is oneindig.

Uitdaging: Sien God se liefde raak in elke dag. Wees Jesus se hande en voete en straal Sy liefde uit deur na ’n vriend(in) toe te gaan wat in nood is.

Gebed: Here, dankie dat U my oneindig liefhet. Dankie dat ek nie aanvaarding by enige iemand hoef te gaan soek nie en dat ek kan weet dat U my U kind noem. Amen.