What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy is ‘n lewensredder

God het jou geroep om ‘n impak en verskil te maak net daar waar jy is. Jesus het ons almal geroep om dissipels te maak. Ons almal het ‘n verantwoordelikheid om mense te red. Wat ons hier op aarde doen, het ‘n ewigheidseffek.  

Ek het ‘n aangrypende storie gehoor by ‘n konferensie ‘n paar weke terug. Daar is ‘n lewensredder hokkie op die strand. Die doel van die mense in die hokkie is om mense se lewens te red. Die ou wat in die see is en besig is om swaar te kry of te verdrink, is nie die een wat na die lewensredderhokkie toe gaan hardloop nie. Want hy is die een wat in die nood is en nie weet hoe om uit te kom nie.

Dit is ons, wat op die sand staan, verantwoordelikheid om te sien as iemand sy hande in die lug gooi en roep om hulp. Partykeer gaan daar mense wees wat nie eers weet die stroom het hulle ingetrek nie. Ons moet mooi kyk oor die see wie ons hulp nodig het en die lewensredders in kennis stel, of sommer self hardloop en hulle gaan help.

Ons is geroep, soos Simon en Petrus in Lukas 5:1-11 geroep was om Jesus se dissipels te wees. Dit is ons verantwoordelikheid vandag om vissers van mense te maak. Lukas 5:10 … “Moenie bang wees nie. Jou werk begin nou eers. Van nou af gaan jy mense vang. Jy sal maak dat baie mense in My glo.”

Uitdaging: Kyk waar daar mense besig is om swaar te trek. Wees jy die een wat hulle uit die nood na die waarheid lei. Jesus verwag dit van jou.

Gebed: Here, help my om ook te luister soos Simon, en die nette in te gooi, al het ek al hoeveel keer probeer. Maak my oë oop om dissipels te maak wat U volg. Amen.