What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy is deel van God se span!

Johannes 17:21 – 22

Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in ’n hegte verhouding met My en Ek met U is; dat hulle ook in ’n hegte verhouding met ons mag leef … En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, ook aan hulle gegee …

Jesus het presies geweet wat rejection beteken. Terwyl ons vandag oor Hom in die Bybel lees, is dit moeilik om te dink dat die mense van Sy eie dorp Hom uit die dorp weggejaag het en van ’n krans wou afgooi.

Die mense uit Sy eie kultuur, die Jode, het Hom baie sleg behandel. Hulle het elke kans gesoek om Hom te embarrass met strikvrae en seker gemaak Hy weet Hy is baie onwelkom. Dit het hulle nie ver gebring nie, en hulle het uiteindelik besef die enigste manier om Hom uit die pad te kry, is om Hom dood te maak.

Die regering van daardie tyd kon Hom dalk red, maar hulle was te bang om ongewild te wees en het Hom maar oorgegee om gekruisig te word. En die ergste van alles – Sy vriende het Hom in die steek gelaat toe Hy hulle die nodigste gehad het.

En tog was Jesus unshaken! Wat het Hom so anders gemaak? Jesus het geweet dat Hy weet dat God vir Hom lief is. Sy liefde vir die Vader, Sy Vader se liefde vir Hom en die wete dat Hy presies is wie Hy moet wees, was vir Hom genoeg.

In hierdie lewe gaan daar mense wees wat jou aanvaar vir wie jy is en mense wat jou vir een of ander rede nie aanvaar nie. Selfs Elon Musk en die Koningin van Engeland het teenstanders! Moenie jou hoop op mense plaas wat vandag sus voel en môre so nie. Soek jou aanvaarding by die Een wat jou gemaak het, presies soos Hy jou wou hê, vir ’n baie spesifieke doel wat niemand anders op aarde in jou plek kan doen nie. Johannes 17 sê die Vader en Jesus en jy is ’n hegte span.

Soek jou vrede daarin en wees bly oor hierdie wonderlike wete: Jy is deel van God se span!

Gebed: Vader, die gedagte dat U my dieselfde status as Jesus gee, dat ek deel is van U span en dat U vir my lief is net soos ek is, gaan my verstand te bowe. Trek my nader aan U sodat ek dit al meer en meer kan glo. … Amen.

Uitdaging: Lees Johannes 17. Dit was Jesus se laaste wens vir ons.