What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy en jou vriende kan die wêreld verander!

2 Timoteus 2:22

…Bewaar die vrede en werk saam met almal wat in ’n opregte verhouding met die Here staan.

Groepsdruk is ‘n groot uitdaging in vandag se tyd. Vriende druk ons baie keer om dinge te doen wat nie goed is nie. Selfs in die tyd van die Apostels en dissipels, het groepe die mag gehad om mense se gedrag te verander.

Paulus het hierdie dinge geweet. Hy het geweet dat mense in groepe baie makliker ingee tot dit wat die res van die groep doen. Maar dit is ook wat groepe baie potensiaal gee. Imagine net hoe die wêreld sou lyk as die kerk almal saamgestaan het om opreg te leef, God te vertrou, lief te hê en vrede te bewaar. Dit klink vir my na ‘n groep mense wat enige iets kan bereik.

As groepe so ‘n amazing potensiaal het, dink net hoe groot impak jy en jou vriende kan hê as julle ‘n passie het om Jesus te leer en soos Hy op te tree? Dit moenie net ‘n droom wees nie, maar ‘n realiteit.

Jy en jou vriende kan die wêreld verander!

Gebed: Dankie, Here, dat daar mense om my is wat ook so lief vir U wil wees as ek. Help my om meer van hierdie mense raak te sien en om saam met hulle U liefde uit te leef aan die mense om ons. Here, ek wil ‘n groot verskil maak terwyl ek nog jonk is. Help my en my vriende asseblief om dit op die regte manier te doen. Amen.

Uitdaging: Ontmoet met een van jou vriende wat vir Jesus liefhet. Maak ‘n plan vas om ‘n impak te maak in julle omgewing deur Jesus se liefde uit te straal. As jy nie so ‘n vriend het nie, vra vir God om vir jou so ‘n vriendskap uit te wys sodat julle beter saam kan staan.