What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jy alleen is verantwoordelik vir wat jy doen

Galasiërs 6:5-8

5Op die ou end sal julle slegs oor julle eie lewe aan God moet rekenskap gee… 8As jy jou lewe gaan inplant op die terrein van die sonde, sal jy die dood as oes ontvang. Aan die ander kant, as jy jou lewe inplant op die terrein van die Heilige Gees, sal jy die ewige lewe as oes van Hom ontvang.

Hoeveel keer het jy al iets gedoen net omdat jy iemand anders dit sien doen het? Van kleins af begin ons onsself vergelyk met ander. Ons kla by ons ouers as ander kinders beter geskenke kry. Hulle kla by ons as ons die dinge doen wat ons vriende doen.

Die rede hoekom dit gebeur, is omdat ons altyd die verskoning het dat iemand anders dit ook gedoen het. Maar net omdat iemand anders dit doen, maak dit nie okay nie. Al kan ons ander mense beïnvloed (positief of negatief) is ons aan die einde van die dag self verantwoordelik vir ons eie keuses.

Hoe meer ons glo dat ons sonde en verkeerde aksies okay is, hoe moeiliker gaan ons dit let go. Hoe meer ons vertrou op God en gelei word deur Sy Heilige Gees, hoe meer gee ons God die koningssitplek in ons lewe.

Jy alleen is verantwoordelik vir wat jy doen.

Gebed: Vader, help my om verantwoordelikheid te neem vir my eie aksies en om te verstaan wat daai verantwoordelikheid beteken. Ek wil so graag die wêreld positief beïnvloed deur U eerste te stel in my lewe. Amen.

Uitdaging: Dink aan die laaste keer wat jy die verskoning gebruik het dat iemand anders se aksies joune reggemaak het. Dink oor ‘n manier waarop jy die situasie beter kon hanteer het.