What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus wil van jou ‘n dissipel maak!

Matteus 28:16-20

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels.”

Hierdie gedeelte beskryf die manier waarop Jesus die dissipels riglyne gegee het vir hul dissipelskap. Hy het vir hulle gesê om uit te gaan en nuwe mense te ontmoet, hulle te vertel van Christus, hulle te wys hoe Hy leef, en hulle dan deel te maak van God se gesin.

Ons is almal in verskillende fases van ons lewens en geestelike groei, maar ons kan altyd nog iets leer van Christus. Jesus kan ander mense gebruik soos vriende, familie, ʼn mentor, ʼn onderwyser, ʼn coach, enigiemand, om ons iets oor Homself te leer. Waar is jy op jou reis met Jesus en wie kan vir jou meer oor Hom leer?

Maar Jesus wil ook daar vir ons wees. Hy sluit die gedeelte af met die woorde: “En wees verseker: Ek verwag nie dat julle dit alleen moet doen nie. Elke dag, tot met die wederkoms, sal Ek self by julle wees.” Wat beteken dit vir jou in jou lewe?

Jesus wil van jou ‘n dissipel maak!

Gebed: Dankie Here, dat ons altyd saam is op hierdie reis. Dankie dat U altyd my onderwyser is en dat U my help langs die pad. Help my asseblief om oop te wees vir wat U vir my wil wys en om opgewonde te wees om dit met ander te deel. … Amen.

Uitdaging: Wat is iets nuuts wat jy geleer het uit hierdie teks? Dink aan iemand met wie jy dit kan deel vandag.