What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus? Sondeloos

1 Johannes 3:4-5

Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie.

Dis moeilik om deesdae deur enige van ons sosiale media platforms (of selfs op die nuus) en nie die slegte dinge raak te sien nie. Ons lewe in ʼn wêreld waar mense daagliks sondig – en dis net nie moontlik om in heeltemal daarvan weg te kom nie.

Johannes herinner ons hier dat as ons gedurig sondig gaan ons teen die wet – dit is die dinge wat God wil hê ons moet doen om meer soos Jesus te lyk. Maar in die verse sien ons ook ʼn prentjie wat anderste lyk – dat Jesus gekom het om sonde te vernietig. Hoe kan Jesus dit doen? Wel, Jesus het ʼn sondelose lewe gelei en daar is geen sonde in Hom nie.

Dit is waar ons hoop is in die dae wat oorloop tot en met Goeie Vrydag – dat Jesus sondeloos was en daarom die sonde van die wêreld kon vernietig het. Dit gee ons ook hoop dat deur Jesus ons ook vry is om te lewe in ʼn manier wat God glorie gee.

Jesus? Sondeloos

Gebed: Here God, dankie vir Jesus. Gee my asseblief die week die kennis om Jesus beter te leer ken. En Jesus, dankie dat jy sondeloos gelewe het en dat ek daarom kan hoop hê om meer soos jou te word.

Uitdaging: Dink na oor die volgende vraag – Wat beteken dit vir jou dat Jesus ʼn lewe sonder sonde geleef het?