What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus: One for all and all for one!

2 Timoteus 2:11

Ek praat die waarheid: as ons saam met Jesus gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef.

Op skool was ek deel van ‘n groepie van 5 ouens wat alles saamgedoen het. Omdat ons soveel kattekwaad aangejaag het, was ons orals beroemd (of is dit nou berig?). By die skool, by die kerk, in die buurte van Somerset-Wes. Iemand van orals het van ons geweet.

Wanneer iets skeef geloop het, dan was ons die go-to groepie om die blaam te kry. Meeste van die kere was ons wel die oorsprong van die poets of kattekwaad en dan het ons tough probeer wees wanneer ons ‘n straf ontvang het. Wat ons wel so met die tyd geleer het, is dat of jy nou deel was van die ding of nie, jy moes maar saam met die res die gevolge dra.

Ons was amper soos die Three Musketeers (of altans, Five Musketeers). Want hulle leuse kon net sowel ons s’n gewees het: One for all and all for one. Op ’n manier is dit wat Jesus vir ons doen. Hy is vir ons almal en ons almal is saam met Hom.

Omdat ons met Jesus identifiseer moet ons saam met Jesus ons lewens prys gee. As die een wen, is almal wenners. In Bybelse taal beteken dit, dat in Jesus se dood aan die kruis, sterf ons saam met hom van ons ou lewe. En gelukkig, in Sy opstanding uit die dood, is ons kort agter Sy hakke.

En hieraan moet ons vasklou. As die volgende groot brander van die lewe oor ons koppe slaan en ons sukkel om asem te kry, moet ons onthou dat ons ook deel is van die wenspan.

Jesus: One for all and all for one!

Gebed: Here, dankie dat ek deel kan wees van die wenspan. Help my om te lewe asof ek met U wenspan identifisee… Amen!

Uitdaging: Soek ’n pel wat sukkel en share die boodskap met hom of haar.