What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus is nie ou nuus nie – hy gee ons vreugde.

Romeine 5:1-2

1As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. 2Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee.

Dink net gou aan die maniere wat ons vandag flieks kan kyk, of ons kan in die flieks sit, ons kan Netflix gebruik, downloads, DSTV, Blu-ray. En het jy al agter gekom dat daar nie meer baie DVD-winkels is nie? Die wêreld verander gereeld. Toe DVDs eers uitgekom het het almal daaroor gepraat. En nou is DVDs baie ou nuus.

Maar Jesus is nie ou nuus nie. Terwyl ander dinge besig is om te verander, bly Jesus se lewe nog steeds net so waardevol, want ons hoop (en vreugde) is nie in DVDs nie (of enige ander ding wat ou nuus kan word nie), maar eerder in Jesus. Omdat God ons vrygespreek en aanvaar deur Jesus, is ons hoop in dit wat God nog gaan laat gebeur.

Ons verwagting en ons opgewondenheid is die hoop dat Jesus dinge om ons ook wil verander. Jesus se liefde is nie net vir eendag in die hemel nie, maar strek tot in elke hoekie van ons strate en dorpe en lande. Ons grootste hoop is dat God nog steeds in die wêreld werk.

Jesus is nie ou nuus nie – hy gee ons vreugde.

Gebed: Jesus, ek glo jy lewe en omdat jy lewe kan ek hoop hê. Ek het hoop want ek weet U gaan nooit ou nuus word nie, maar dat U elke dag ʼn rede is om vreugde te hê.

Uitdaging: Kies ʼn manier om vandag met vreugde te reageer op God se liefde. Dalk kan jy saamsing met ʼn aanbiddingsliedjie, of dalk wil jy iets teken, of iets gee? Daar is vele moontlikhede, maar maak dit prakties.