What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus is jou Vriend!

Johannes 15:9-17

Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

Jesus beskryf Sy liefde vir ons as Sy dissipels as vriendskap en sê dat ware vriende hulle lewe vir mekaar sal gee. Dit beteken nie noodwendig dat ons vir mekaar hoef dood te gaan nie, maar eerder dat ons ons lewens sal gebruik om mekaar te help en te ondersteun.

Jesus noem Sy dissipels vriende, want Hy steek niks vir hulle weg nie en jaag hulle ook nie rond nie. Jesus nooi die dissipels in as vriende waar hulle mekaar kan dien en die wêreld op die manier ʼn beter plek maak.

Wat beteken dit vir jou dat jy Jesus jou vriend kan noem? Dit moet iets spesiaals wees om met iemand soos Jesus geassosieer te wees! Jesus het ons gekies om vrugte te dra wat sal hou, so ons moet in ons gemeenskappe leef met liefde.

Ons word uitgedaag om ons vriende te motiveer om beter lewens te lei, veral daai vriende wat nie ʼn goeie invloed op ons het nie. Ek weet dis moeilik, maar as ons dit in liefde doen, is niks vir God onmoontlik nie. Vertrou Hom vir die verandering.

Jesus is jou Vriend!

Gebed: Here, dankie vir vriendskappe! Dankie vir vriende wat my liefhet en my uitdaag om ʼn beter mens te wees. Help my asseblief om ʼn beter vriend te wees en om ʼn vriend te wees vir mense sonder vriende. Dankie dat U ons U vriende noem, en dat ons kan aanhou streef om die beste vriende te wees wat ons kan wees. … Amen.

Uitdaging: Dink aan ʼn keer toe jy huiwerig was om iemand wat nie regtig ingepas het nie, te bevriend. Hoekom was dit moeilik om hulle vriend te wees? Bid vir die vriende wat jy nou het, maar ook vir nuwe vriendskappe en vra dat God altyd die middelpunt daarvan sal wees.