What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus is groter as enige probleem wat jy mag hê

Johannes 16:33

Ek vertel hierdie dinge vir julle met ’n goeie rede. As my vriende kan julle maar rustig wees oor alles. Die ongelowiges sal alles wel vir julle probeer moeilik maak. Moenie dat hulle julle ontstel nie. Troos julle daaraan: Ek het bewys dat Ek sterker is as enigiets of enigiemand in hierdie wêreld. Ek en niemand anders nie is die regte Wenner.

Het jy al ooit op die nuus gesien hoe die weerman waarsku teen brande of sterk winde in die land? Ons weet dit is op pad, so ons maak onsself gereed. Ek weet dan ek moenie probeer om my wasgoed op te hang nie, maar dalk is dit ‘n goeie dag vir kite vlieg (wanneer laas, nê?)

Voor Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy ook die dissipels ‘n waarskuwing gegee. Hy het gewaarsku hoe dinge nogal rof gaan raak wanneer Hy weg is en hulle ander mense moet vertel oor Hom. Jesus het geweet dinge gaan nie altyd hunky-dory wees vir die mense wat Hom volg nie.

Maar gelukkig het Jesus dit nie net daar gelos nie. Hy vertel ook van hoe Hy reeds die wêreld oorwin het. Hy is groter as daai omstandighede waardeur jy tans gaan. Hy is groter as daai probleem waar jy oorweeg om die easy way out te vat.

Die lekker ding is dat Jesus ook baie meer weet as die weerman. Hy gaan nie terug op Sy woord nie. So ons kan seker wees dat Hy werklik die regte Wenner is.

Jesus is groter as enige probleem wat jy mag hê.

Gebed: Dankie Jesus, dat U alreeds gewen het. Help my om nooit te vergeet dat U groter is as my probleme nie … Amen.

Uitdaging: Dink aan een ding wat opkom waaroor jy bekommerd is. Neem tyd om daaroor te bid.