What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus is die Waarheid

Johannes 1:14 Jesus het toe as mens aarde toe gekom. ’n Mens kan  Hy het onder ons kom huis opsitOns het gesien hoe belangrik en wonderlik Hy is. Net die unieke Seun van die Vader is so groot en belangrik. Hy was soos ’n fontein van die goeie dinge wat God vir ons so onverdiend wil gee. By Hom kon ons ontdek wat regtig waar en eg is. 

Deesdae moet ‘n mens baie slim wees met wat jy glo! Jy sien die ongelooflikste videoclip op Youtube, net om later uit te vind dit is ge-edit. Jy is al die tyd vir die fool gehou! 

Met geloofsake is dit ook nie makliker nie. Soveel mense glo soveel verskillende dinge. Jesus het egter op meer as een plek ‘n baie bold stelling gemaak. Hy sê: “Ek is die waarheid.” Propvol waarheid! En die Bybel sê dat Jesus gister en vandag en môre dieselfde bly. Dit is nie soos navorsers wat die een dag sê botter is goed vir jou en die volgende dag sê botter is sleg vir jou nie. Jesus se waarheid bly dieselfde – vir altyd.  

Jesus sê verder iets baie kragtig: “Ek verseker julle, nog voordat Abraham bestaan het, was Ek al wat Ek is.” (Johannes 8:58; NLV). Klink “Ek is” dalk vir jou bekend? Toe Moses vir God vra wie sal hy vir die Israliete sê het hom na hulle toe gestuur, antwoord God: “Ek is soos wat Ek is. Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is’ het my na julle toe gestuur.” (Eksodus 3:14, NLV).  

In CS Lewis se boek, Mere Christianity, skryf hy dat Jesus, wat vertel het dat Hy God is, een van drie dinge moet wees: 1) Waansinnig; 2) ‘n Leuenaar; of as Hy nie een van daardie twee is nie, is Hy, 3) waarlik God. Jesus het nie tekens getoon van waansinnigheid nie en het nooit leuens vertel nie. Hy was dus nie net ‘n “goeie morele leier” nie, maar waarlik God.  

Jesus is God. Soek Hom en vind self uit of Hy goed is. As dit so is – doen wat Hy sê! 

Jesus is die Waarheid 

Gebed: Jesus, wys my asseblief alles oor U waarheid. Ek wil vashou aan U waarheid wat nooit verander nie en altyd vas staan. Wys my asseblief as ek enige leuens van die bose of verdraaide waarhede van mense glo. Amen.  

Uitdaging: Maak seker dat dit wat jy glo die waarheid is wat Jesus vir ons in die Bybel leer. As daar iets by jou opduik waaroor jy twyfel, soek die antwoord in die Bybel.