What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus is by jou en Hy luister

Filippense 4:6-7

6…Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie. 7Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop of dat jy jou weer van voor af begin bekommer.

Ek is glad nie mal oor die eksamentyd nie. Nie net moet jy sit en jou alie af werk om goeie punte te behaal nie, maar dit voel net asof enigiets anders wat óók nog jou aandag verg jou hele lewe van koers af kan gooi. Jou sussie karring aan jou om met haar te speel, jou ma herinner jou aan elke minuut wat jou breaks te lank is. Stres bou op en voor ons ons oë uitvee, het die situasie net meer hectic geraak.

Al die bekommernisse en elke ding wat pla het ‘n geneigdheid om ons aandag af te trek van dit wat belangrik is. Ons behoort aan Jesus. Dit is Hy wat ons die krag gee om deur te breek as dinge begin skeef loop. Hoekom sal ons dan kies om nie ons probleme na God toe te neem nie?

God weet dat jou stresvlakke opstyg. God weet dat jy sukkel. Maar ons hoef dit nie alleen te dra nie. God luister na elkeen wat na Hom roep. Hy gaan jou nie hoor bid en dan toelaat dat dit oorgaan na voicemail nie. Nee. Hy is daar en Hy luister. Dit gee ons soveel vrede – selfs in die middel waar alles stresvol is en karring.

Jesus is by jou en Hy luister.

Gebed: Here, help my asseblief om tussen al die stemme en geraas U stem te hoor praat met my. Dankie dat U hier is. … Amen.

Uitdaging: Elke keer as jy voel jy begin stres of geïrriteerd raak, neem net ‘n minuut om dit vir God oor te gee die week.