What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus het sy doel bereik

Johannes 19:30

Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas.

Ons ken die gevoel daarvan as ons ons huiswerk betyds klaar maak of as ons werk afhandel wat ons lank mee besig was en gesukkel het. Dit voel asof daar ʼn gewig van ons skouers af gegooi word. Verbeel jou net hoe groot was die afhandeling van sonde dan in vergelyking met die dinge wat ons verlig voel om af te handel?

In die hele storie van Jesus se kruisiging, kom ons een ding keer op keer agter, Jesus se dood aan die kruis was nie verniet nie! Jesus het een groot doel in gedagte gehad met sy dood aan die kruis – om mense te wys wie God is deur sonde heeltemal te maak verdwyn.

Jesus se dood sluit aan by die verhaal wat ons nog die heel week mee besig is – sonde is heeltemal afgehandel en ons kan met Jesus identifiseer deur soos hom te word. Dit is amazing dat God iets kom doen het om die wêreld te verander wat ons nooit alleen sou kon regkry nie – en dat dit ʼn groot sukses was!

Ons is vry want Jesus het sy doel bereik!

Gebed: Dankie Here dat U reggekry het wat ek nooit sou kon nie, dankie dat U die krag van sonde vernietig het. Help my om ook in die krag wat U gee meer en meer soos Jesus te leef.

Uitdaging: Maak ʼn plan om môre op Goeie Vrydag ʼn kerkdiens by te woon – sodat jy verder kan deel in die storie van Jesus met mense om jou.