What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus het klaar die pak vir jou sondes gevat!

Usain Bolt is die vinnigste man op aarde. Hy hardloop 100m in slegs 9.58 sekondes. As hy vir ’n uur lank so kan hardloop, sal hy oor die 37km in een uur kon hol. Ek weet nie eers of ek in ’n dag 37 km sal kan afstap nie!

Vir Usain om so te hol, moet hy seker maak dat hy niks ekstra saamdra nie. Sy klere en skoene is van die ligste en breek glad nie sy spoed nie. Inteendeel, alles dra by tot sy goeie performance.

Wanneer ons as kinders van die Here die wedloop van die lewe aanpak, moet ons ook seker maak dat ons nie bagasie saamsleep nie. Ons moet seker maak dat die las van die sonde nie ons spoed breek en keer dat ons ons volle potensiaal bereik nie.

Jy sien, ons voel baie keer sleg oor die verkeerde dinge wat ons aangevang het en dan keer dit dat ons voluit vir Jesus lewe. Dis soos ’n stuk bagasie wat ons agterna sleep. Dit breek ons spoed big time.

Hier is die goeie nuus: Jesus het klaar vir al daai sondes wat jy al aangevang het, die pak gevat het. Daar aan die houtkruis moes Hy met Sy lewe betaal vir die marakkas wat ons aanvang. Net daar het Hy die mag van die sonde, die houvas wat dit op ons gehad het, gebreek.

Maak los die brieke. Los jou pakkie sondes by die kruis. Die straf is klaar daarvoor deur Jesus met Sy lewe betaal. En dis net genade!

Jesus het klaar die pak vir jou sondes gevat!

Gebed: Jesus, ek is regtig jammer vir al die sondes wat ek al gedoen het. Kom neem asb. die bagasie van my af en help my om vry deur die lewe te hol. Amen.

Uitdaging: Gaan neem ’n stuk toiletpapier en skryf die dinge neer wat jy verkeerd gedoen het. Flush dit dan by die toilet af, want wat weg is, is weg.