What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus het jou oneindig lief

Romeine 5:8

Maar God is heeltemal anders as ons. Hy wys juis hoe lief Hy ons het deurdat Jesus in ons plek doodgegaan het toe ons almal nog ’n spul sondaars was.

Het jou broer of suster al jou lekkers gevat en direk daarna gevra vir ’n guns of om vir hulle kos te maak? Daar is mos geen manier wat jy weer met hulle gaan praat nie, wat nog te sê van ’n guns doen?! Hulle verdien mos niks nadat hulle jou benadeel het nie.

God is soveel anders as ons. Hy het ons so baie lief dat Hy Sy Seun gestuur het om vir ons te sterf al het ons Hom kwaad gemaak. Daar is soveel erger goed wat ons aan Hom gedoen het as om iemand se lekkers te vat en steeds slaan Hy die blaadjie om deur om vir ons te sterf. Dood te gaan.

Dit is moeilik om jou broer of suster te vergewe en iets vir hulle te doen wat vir jou moeite gaan wees, maar Jesus het vir ons doodgegaan. Dit maak Hom so seer wanneer ons iets doen wat nie reg is nie en steeds het Hy ons só baie lief dat Hy vir ons sal sterf.

Net omdat Jesus ons vergewe vir alles wat ons doen, beteken nie dat ek en jy dit kan gebruik as ’n Get out of jail-free-kaartjie nie. Ons moet Hom steeds eer deur die mense rondom ons te hanteer soos wat Jesus ons hanteer, deur vir almal oneindig lief te wees.

Jesus het jou oneindig lief

Uitdaging: Maak hierdie week vir jou broer of suster, ouers of vriende ’n kaartjie of vertel vir hulle hoe lief jy hulle het. Selfs ’n klein aksie kan aan ander bewys dat Jesus in jou lewe is en dat jy Sy liefde weerspieël.

Gebed: Jesus, ek is jammer dat ek nie altyd U liefde deur my laat straal nie. Dankie dat U my oneindig liefhet al maak ek ook foute. Amen.