What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus het jou na avontuur geroep!

Matteus 28:19

19Ek wil hê julle moet iets vir My doen: “Die wêreld is nou julle sendingveld. Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg …”

Wanneer ek kans kry, hou ek daarvan om te kyk na videos op youtube waar mense op avonture gaan. Dis vir my so amazing om deur hulle oë plekke en dinge te sien wat ek weet ek heel waarskynlik nooit met my eie oë sal kan sien nie. Die avontuur lê iewers in die onbekende.

Die dissipels was die eerste Christen-adventurers. Hulle het van plek tot plek gegaan om mense te vertel van Jesus en hoe God vir Jesus gestuur het omdat Hy lief was vir ons. Dit was gevaarlik en opwindend op dieselfde tyd, maar hulle was so passievol dat ek en jy vandag ook kan weet van Jesus.

Ons kan so maklik vasgevang word in die avonture van ander mense dat ons vergeet dat Jesus ons ook na ‘n lewe van avontuur en ontdekking uitstuur. Ons moet almal vertel met ons woorde en dade van wat Jesus aan die kruis vir ons kom doen het.

Jesus het jou na avontuur geroep!

Gebed: Here, dankie dat U my op ‘n avontuur stuur net soos wat U die dissipels gestuur het. Help my om op hierdie reis meer van U ook te ontdek. Amen.

Uitdaging: Probeer hierdie quiz van OpenDoors http://www.opendoors.org.za/can-identify-10-countries-world-map/